Praktiese sessie: Riglyne om astrosketse te teken
Plek: Oppikoppi - Boyden-sterrewag.
Datum: 19 September, Saterdag
Tyd: 16:30 vir 17:00
Aanbieder: Hannes Pieterse
_____________________________________________________________________ University of the Free State: This message and its contents are subject to a disclaimer. Please refer to http://www.ufs.ac.za/disclaimer for full details. Universiteit van die Vrystaat: Hierdie boodskap en sy inhoud is aan 'n vrywaringsklousule onderhewig. Volledige besonderhede is by http://www.ufs.ac.za/vrywaring beskikbaar. _____________________________________________________________________
Nasa-voorstelling van die pendeltuig vasgemeer aan die ruimtestasie.
Volg die hele sending se verloop op Twitter. Al die ondersoek om te kyk of die pendeltuig nie skade tydens die lansering opgedoen het nie is voltooi. Nou vir die nader beweeg en die vasmeer:
Twitternuus: Sondag, 23:17 - Discovery is 45 miles away from the International Space Station, still on track for docking at 9 p.m. EDT tonight. http://tinyurl.com/ma48dc
Sondag 18:53 - 18:54: Ek en Pieter het die helder stasie met die pendeltuig doer agter op sleeptou (nie sigbaar vir ons) 4 keer gesien. Vir kort oomblikke in dele waar minder wolke of oop was. (Hannes Pieterse).
Sondag: Dit lyk of die pendeltuig wat toe eindelik Vrydagnag gelanseer is eers vandag (Sondag) aan ruimtestasie gaan koppel, of sal mens dit vasmeer noem. Kyk vanaand of jy twee spikkels sien wat oor beweeg. Die ruimtestasie is so groot soos `n rugbyveld en die pendeltuig is naastenby groot soos `n boeing 737.
Vrydag: Die Pendeltuig (Discovery) wat moontlik teen Sondagaand aan die Internasionale ruimtestasie vasgemeer is, kan Sondag so 18:50 regoor Suid-Afrika gesien word. Wees op die uitkyk. Hier is die tye vir die Bloemfontein-omgewing. In die stadium is die pendeltuig se lansering nog op ys en kan dalk vanaand (VSA se Vrydag-aand) eers gelanseer word.
Die twee kan Sondagaand van 18:50:27 so op `n 10 grade hoogte in die Suidweste gesien word. Om 18:53:18 is dit op sy hoogste - 81 Grade WSW. Dan beweeg dit oor tot dit weer so 10 grade bo die horison in `n Noordoostelike rigting verdwyn.
30 Aug | 18:50:27 | 10 | SW | 18:53:18 | 81 | WSW | 18:56:20 | 10 | NE |
Na aanleiding van die feit dat die wêreld se sterrekundiges verlede jaar besluit het dat daar nou net agt planete is, het die lekker ou rympie Meneer Van As, My Jas Sal U Nie Pas mos verval – en daarby kom nog die twee gordels ook by.
Ons Radio Orania het toe onlangs ’n kompetisie uitgeskryf om ’n nuwe rympie te kry, sodat kinders – en mense – die volgorde van die hemelliggame vanaf die son makliker kan onthou. Die woorde was natuurlik die volgende:
M = Mercurius
V = Venus
A = Aarde
M = Mars
A = Astroïde gordel
J = Jupiter
S = Saturnus
U = Uranus
N = Neptunus
K = Kuyper gordel
’n Jong vroutjie van Orania, Susan Joerling, het die kompetisie gewen met die volgende poging:
Mense Vra Altyd, Moet Alle Jong Sterre Uit Newels Kom?
Netjies, né?
Groete,
Franz Conradie