Na aanleiding van die feit dat die wêreld se  sterrekundiges verlede jaar besluit het dat daar nou net agt planete is, het die  lekker ou rympie Meneer Van As, My Jas  Sal U Nie Pas mos verval – en daarby kom nog die twee gordels ook  by.
Ons Radio  Orania het toe onlangs ’n kompetisie uitgeskryf om ’n nuwe rympie te kry,  sodat kinders – en mense – die volgorde van die hemelliggame vanaf die son  makliker kan onthou. Die woorde was natuurlik die  volgende:
M = Mercurius
V =  Venus
A =  Aarde
M =  Mars
A = Astroïde  gordel
J =  Jupiter
S =  Saturnus
U = Uranus
N = Neptunus
K = Kuyper gordel
’n Jong vroutjie van Orania, Susan Joerling,  het die kompetisie gewen met die volgende  poging:
Mense Vra Altyd, Moet Alle Jong Sterre Uit Newels  Kom?
Netjies, né?
Groete,
Franz Conradie
 
