Hier is `n webtuiste waar jy na al die konstellasies kan kyk.
Groete
Hannes Pieterse
Hallo daar.


Ek het hierdie stukkie gerief by die afgelope ScopeX in Johannesburg raakgeloop. Dit is deur `n Amateur sterrekundige vir amateurs saamgestel.Die atlas is in A5-formaat. Oopgevou (A4) is die sterkaart onder en die verskillende voorwerpe word op die boonste helfte uiteengesit.
Die twee soeksirkels (5 grade "finder"scope" en `n 1 graad oogstukveld) op die kaart gee `n aanduiding wat jy met jou toerusting gaan sien.
Die beste (en koudste) tyd om waarnemings te doen is hier. Stof jou kykgoed af, haal daardie arktiese baadjie uit die kas, koop `n serp en kry `n mus wat jou ore toemaak en onder jou ken vasknoop.
Atlantis het toe eindelik sy logge lyf Sondag op Edward-lugmagbasis in Kalifornië tot ruste gebring. Swak weer het verhoed dat dit in Florida land. 'n Abbavlug op die rug van 'n aangepasde Boeing 747 sal die werkesel by die die Kennedy-ruimtesentrum in Florida besorg. Die span aan boord het die Hubble-ruimteteleskoop herstel.
When: 30 May 2009