Die beste (en koudste) tyd om waarnemings te doen is hier. Stof jou kykgoed af, haal daardie arktiese baadjie uit die kas, koop `n serp en kry `n mus wat jou ore toemaak en onder jou ken vasknoop.Ook `n donker veilige plek van waar jy kan waarnemings doen. Ja ons begeer almal `n groot teleskoop, maar `n goeie begin is daardie verkyker wat net vakansietye uitgehaal word.
Gerrit Penning het vir ons `n lys van helder dieplugvoorwerpe saamgestel wat jou gaan help om minder te wonder waarna om te kyk. Laai die pdf dokument af en maak `n uitdruk.
- Kliek hier om Junie, Julie en Augustus se voorwerpe af te laai. Die konstellasies is Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo.
- Hier's dit! Sterkaarte met `n observasielys van die winterkonstellasies bo: Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo. (In Pdf-formaat. Laai af en maak uitdrukke: Regskliek en stoor op jou rekenaar)
Groete, Hannes Pieterse