Die Bloemfonteinse Amateur Sterrekunde Vereniging (ASSA Bloemfontein) hou op Saterdag 1 Februarie sy eerste byeenkoms van die jaar. Voornemende amateur sterrekundiges is welkom om die geleentheid by te woon.
Op die program is onder meer:
- Die gebruik van 'n teleskoop insluitende die eienskappe van verskillende oogstukke;
- Wat kan gesien word in die nagruim in verskillende ligomstandighede (Limiting Magnitude);
- Ons kyk ook na `n nova wat onlangs uitgebars het en met `n verkyker sigbaar is;
- As die weer saamspeel soek ons die Perdekopneuwel in Orion.
Koste: Gratis vir lede en R50 per persoon vir besoekers. Die bedrag word terugbetaal as jy by die vereniging aansluit. Ledegeld is R100 per jaar vir `n gesin.
- Stuur e-pos aan assabfn@gmail.com om vir die geleentheid te bespreek.
Tyd: 18:30 (Ons braai, so bring jou eie kosmandjie met vleis, eetgoed, eetgerei en koeldrank. Braaivuur en roosters is beskikbaar.)
Plek: Boyden-sterrewag (Langs Maselspoort)