Vinnige Verklaring Vir Vreemde Vlieënde Voorwerp (VVVVVV) oor Suid-Afrika)
Hier is 'n foto ongeveer 19h00 geneem van agter my huis in Bloemfontein - Herman Bonnett, ASSA Bloemfontein
Willie Koorts se boodskap op Facebook:
Die vreemde verskynsel wat vanaand (29 Sep. 2013) net na 19:00 wyd waargeneem is oor Suid-Afrika - ook deur Matie Hoffman vanaf Bloemfontein - blyk, volgens baassatellietjagter, Greg Roberts,
'n "fuel dump" te gewees het van die Falcon 9 vuurpyl wat vanmiddag om
18:00 (SA tyd) vanaf Vandenberg in Amerika gelanseer is.
Die loonvrag
is om 18:52 in sy wentelbaan geplaas waarna dit om 19:03 oor Antarktika
gevlieg het en 'n paar minute later oor Suid-Afrika. Dit is toe dat die
oortollige brandstof uitgespuit is wat die skouspelagtige sirkelvormige
wolk veroorsak het wat wyd waargeneem is.
Greg en ek het al tevore so
iets gesien en ek moet saamstem dat dit nogal iets is om te sien.
Dankie vir die foto's en stuur gerus nog!