Willie Koorts:
Wat ‘n fantastiese manier om die Pendeltuig program vaarwel te roep!
Na Oleg se voorspelling dat die twee ‘n paar minute uitmekaar sou wees
en Rudie se opmerking op Facebook dat hulle verby die Suiderkruis gaan
vlieg, het ek my foto beplan deur op een plek te konsentreer en agterna
die fotos te kombineer. Ek was so besig om te konsentreer op Atlantis,
dat ek eers later besef het dat ISS so kort na dit volg, om die waarheid
te sĂȘ, hulle was naby genoeg om in een veld te pas, maar ek moes
deurdruk met my beplande foto.
Dit was wonderlik dat ons so goed geplaas was vir die swanesang, en boonop ook nog perfekte weer in die middel van die winter!
Dit was wonderlik dat ons so goed geplaas was vir die swanesang, en boonop ook nog perfekte weer in die middel van die winter!