Op 1 Junie 2009 het ek die eerste keer oor die "Star Gazer’s Deep Space Atlas, Outdoor Viewing" geskryf. Nou is die die nuwe verbeterde weergawe hier. (Amper hier). Dit is middel-Junie beskikbaar. Ek is weereens opgewonde en het klaar myne bestel.
Hoekom die opgewondnheid.
- Dit is vir die Suidelike halfrond saamgestel.
- Dit is gemaak om buite by jou teleskoop of verkyker gebruik te word
- Blaaie is doubestand. Wonderlik vir die vroegoggende buite.
- Bladsyagtergrond is swart met wit teks en voorwerpe daarop.
- Konstellasies in die naghemel word maklik opgespoor.
- So ook die voorwerpe in die naghemel.
- Daar is `n “Sky Tour” om jou te help om die boek te gebruik.
- Kwaliteit drukwerk
- Lees weer 1 Junie se blog in die argief.
- Baie ekstra inligting oor sterrekunde berskikbaar.
- Daar is geen sokkerstatistiek in nie. Niks van FIFA nie.
Meer inligting en voorbeeldbladsye is hier beskikbaar:
1& 3 is dieselfde. Bestelinligting is by 1 beskikbaar.
2 & 3 is dieselfde voorbeeldbladsye
- Voorbeeldbladsye en kontakinligting in Powerpoint. Klik hier (2M)
- Voorbeeldbladsye en kontakinligting in PDF-formaat . Klik hier (2M)
- Inligting op webblad. Klik hier
- Opsommende inligting en hoe om die atlas te bestel: Klik hier
For more info contact Wayne:
Title: Star Gazers Deep Space Atlas, Outdoor viewing.
Author: Wayne Mitchell.
ISBN: 978-0-620-41105-9.
Edition: Second. Published: April 2010.
Size: A5 (210x150 mm)
Pages: 270. Laminated covers and varnished inner pages.
Cost: R399. Registered postage (including tracking number) R65.
Groete
Hannes Pieterse
ASSABFN
Atlas release date: Mid June 2010
Atlas release date: Mid June 2010