Kliek op die foto om te vergroot.
Die afgelope twee aande was daar lekker helder Iridum flitse oor Bloemfontein. Hierdie een was volgens Heavens Above so -5 Magnitude. Omtrent soos `n ontploffing gelyk. Woensdagaand (sonder my kamera) was -8 magnitude. Die voorspelling vir vanaand (Vrydagaand) se flitsende Iridium-satelliet is net -1. Wees op die uitkyk.
Let op die ligbesoedeling van die stad onder op die foto. Die Suiderkruis (onder) is ook duidelik sigbaar op die foto.
Groete
Hannes Pieterse