Saturday, 18 July 2009

Selfdoen: `n Sterwiel vir die fynproewer en die beginner..

Hier is `n selfdoenprojek vir sterkykers. Dit is `n sterwiel (Planisphere) vir die suidelike halfrond wat Auke Slotegraaf ontwerp het. Wat dit so `n uitsonderlike sterwiel maak is dat jy dit kan verander vir minder sterrre (ligbesoedelde gebiede) of meer sterre vir die fynproewer, of net die konstellasies, of die bekende inheemse sterre en sterpatrone eie aan die Suide.

Besoek Auke se blog: www.psychohistorian.org
en laai die Pdf-lĂȘer (1.7M) af. Maak vir jou uitdrukke: A3-grootte en op effens dikker pappier. Dit werk ook op A4-grootte. Lamineer die uitdrukke vir beskerming. Die instruksies is ingesluit.

  • Auke Slotegraaf is die huidige Direkteur van die ASSA* Dieplug waarnemingsafdeling.
    Besoek die amptelike Dieplugwebtuiste
Thanx Auke! Dis `n wenner!

*
Astronomical Society of Southern Africa