Sunday 29 September 2013

Vinnige Verklaring Vir Vreemde Vlieënde Voorwerp (VVVVVV) oor Suid-Afrika)


Hier is 'n foto ongeveer 19h00 geneem van agter my huis in Bloemfontein - Herman Bonnett, ASSA Bloemfontein
Willie Koorts se boodskap op Facebook: 
Die vreemde verskynsel wat vanaand (29 Sep. 2013) net na 19:00 wyd waargeneem is oor Suid-Afrika - ook deur Matie Hoffman vanaf Bloemfontein - blyk, volgens baassatellietjagter, Greg Roberts, 'n "fuel dump" te gewees het van die Falcon 9 vuurpyl wat vanmiddag om 18:00 (SA tyd) vanaf Vandenberg in Amerika gelanseer is. 
Die loonvrag is om 18:52 in sy wentelbaan geplaas waarna dit om 19:03 oor Antarktika gevlieg het en 'n paar minute later oor Suid-Afrika. Dit is toe dat die oortollige brandstof uitgespuit is wat die skouspelagtige sirkelvormige wolk veroorsak het wat wyd waargeneem is. 
 Greg en ek het al tevore so iets gesien en ek moet saamstem dat dit nogal iets is om te sien. Dankie vir die foto's en stuur gerus nog!

M8 - Lagoon Nebula uit Bloemfontein

Foto: Herman Bonnet - ASSA Bloemfontein
Klik op foto om te vergroot

Foto van M8 geneem op 1 Sept 2013
50  "lightframes" van 150 sek elk
50 "dark frames"
50" bias frames"
50 "flat  frames"
"Stacking"-Deepsky stacker
Processing - PS
Teleskoop-120 mm Skywatcher Equinox
Mount- CGE PRO
Kamera- Canon 60 Da