Tuesday 26 May 2009

Daar bo! Wintervoorwerpe vir Junie, Julie en Augustus

Die beste (en koudste) tyd om waarnemings te doen is hier. Stof jou kykgoed af, haal daardie arktiese baadjie uit die kas, koop `n serp en kry `n mus wat jou ore toemaak en onder jou ken vasknoop.

Ook `n donker veilige plek van waar jy kan waarnemings doen. Ja ons begeer almal `n groot teleskoop, maar `n goeie begin is daardie verkyker wat net vakansietye uitgehaal word.

Gerrit Penning het vir ons `n lys van helder dieplugvoorwerpe saamgestel wat jou gaan help om minder te wonder waarna om te kyk. Laai die pdf dokument af en maak `n uitdruk.
  • Kliek hier om Junie, Julie en Augustus se voorwerpe af te laai. Die konstellasies is Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo.

  • Hier's dit! Sterkaarte met `n observasielys van die winterkonstellasies bo: Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo. (In Pdf-formaat. Laai af en maak uitdrukke: Regskliek en stoor op jou rekenaar)

    Groete, Hannes Pieterse

Monday 25 May 2009

Atlantis veilig op Moeder Aarde

Atlantis het toe eindelik sy logge lyf Sondag op Edward-lugmagbasis in Kalifornië tot ruste gebring. Swak weer het verhoed dat dit in Florida land. 'n Abbavlug op die rug van 'n aangepasde Boeing 747 sal die werkesel by die die Kennedy-ruimtesentrum in Florida besorg. Die span aan boord het die Hubble-ruimteteleskoop herstel.