Vrystaat Sterre Partytjie
( English version below)
ASSA Bloemfontein nooi u na twee nagte van waarneming en verwondering van die Winterkonstellasies in die unieke Vrystaatse naghemel. Daarmee saam gedurende Saterdag 28 Junie, is daar praatjies en besprekings oor onder meer teleskoopkollimasie deur Brett du Preez.
Plek: Gansvlei-gasteplaas tussen Brandfort, Bloemfontein en Winburg. (G.P.S.:
Suid 28°47'49.9" en Oos 26°28'23.1"; Elevasie: 1395m).
Tyd: Vanaf 17:00 op 27 Junie tot omtrent 09:00 op 29 Junie 2014, dus twee nagte.
Koste: R80 per persoon per nag, wat insluit 'n bed met paslaken, ablusiegeriewe, volledig toegerusde kombuis en eetgerei, hout en braai geriewe soos roosters en selfs potte.
Benodigdehede: U eie waarnemingstoerusting soos teleskope, vêrkykers, kameras, sterkaarte, stoel/tafel, beligting (beperk tot die flouste rooi liggie wat jy het...!) ens. U eie kos en drinkgoed - genoeg vir die tydperk wat u daar bly - naaste winkel is omtrent 40km vanaf die plaas. Warm klere en warm slaapgoed: onthou dis in die middel van die winter en dis in die middel van die Vrystaat...!!!
Bespreking: Indien u belangstel, antwoord asseblief per e-pos na
assabfn@gmail.com, en doen dit asseblief nie later as 20 Junie 2014 nie. Geen voorafbetaling is nodig nie. Daar is huisvesting vir 40 mense so laat weet asseblief vroegtydig.
Finale informasie sal per e-pos gekommunikeer word op Maandag 23 Junie aan diegene wat bespreek het teen daardie tyd.
Free State Star Party
ASSA Bloemfontein invites you to two nights of wonderful observation of the Winter Constellation in the unique Free State night skies. Including, during Saturday 28 June, there will be talks and discussion on telescope collimation by Brett du Preez.
Venue: Gansvlei guest farm situated between Bloemfontein, Brandfort and Winburg (G.P.S.: South 28°47'49.9" and East 26°28'23.1"; Elevation: 1395m).
Time and duration: Two nights, from 17:00 on 27 June to about 09:00 on 29 June 2014.
Cost: R80 per person per night, which includes a bed with a fitted sheet, ablution facilities, fully equipped kitchen with cutlery, wood and braai facilities such as braai grids and even pots.
Requirements: Your own observation equipment such as telescopes, binoculars, cameras, star charts, chair and table, lighting (confined to the weakest and reddest light you own...!) etc. Your own food and drinks for the duration of your stay - the nearest shops are about 40km from the farm. Warm clothes and bedding: remembers it is mid-winter in the middle of the Free State...!!!
Booking: Please answer by e-mail to
assabfn@gmail.com not later than 20 June 2014 if you are interested. No pre-payment is necessary. There is accommodation for 40 people so please respond soon.
Final information will be communicated by e-mail on 23 June 2014 to those who have booked by then.