Daar is darem nie iets so lekker as om jou posbus oop te maak en `n gunsteling tydskrif in sy plastieksakkie daar te sien lê nie. Dis nou die Sky & Telescope doer ver uit Amerika.
In die jongste uitgawe word SkySafari3 - (for iPhone, iPad, and iPod Touch) bespreek. Dit is `n "warm" planetariumprogram wat ope-aande baie gaan vergemaklik. Soms reën die vrae op jou en daardie stukkie inligting wat op die punt van jou tong is, wil net nie kom nie.
- Loer gerus op hulle webblad http://www.southernstars.com/ .
Ek het die sagteware op `n iPad2 in aksie gesien en dit kook!
- Satelliete beweeg in werklike tyd verby.
- En jy kan dit aan `n groot verskeidenheid Go-To teleskope koppel (met eksra koppelvlak).
- Klik op `n voorwerp en jy het al daardie inligting wat mense vir jou vra. So jy hoef nie meer in boeke in die donker rond te grawe nie.
- Ja dit het `n rooi nagverstelling en geen ligte skyn in jou oë nie.
- Ook `n nuttige lys van voorwerpe wat die aand sigbaar is.
- Posisie van Jupiter se mane vertoon soos dit op daardie oomblik is.
- En nog baie meer. Lees op die webblad oor die sagteware.
Die databasis vir die Plus weergawe gaan jou vir jare besig hou. Die Pro-weergawe is regtig vir die hardebaard-sterrekundiges.
As jy bevoorreg is om een van Steve Jobs se i-speelgoed te hê, kan jy gerus die sagteware oorweeg. Die Plus weergawe kos maar $15 by iTunes.
- Daar is glo `n Android-weergawe op pad.