Monday 19 November 2012

Orion vanaf Boyden-sterrewag

ASSA Bloemfontein het `n mini werkswinkel oor "Wyeveldastrofotografie met `n DSLR-kamera op `n driepoot gehou. Barbara Cunow se lesing by die Kaapse simposium het as grondslag gedien.

Daar is so bietjie afgewyk van die lesing, maar die basiese beginsel was dieselfde.

Verloop van die lesing:

Kyk eers na die YouTube-video en bespreek dit.
  •  Doing astrophotography with a DSLR on a tripod, presented by Barbara Cunow

    - YouTube
Basiese stappe.
1. DSLR-kamera (Weet hoe werk die Self Timer om die kamera eers te stabiliseer; (of `n elektroniese sluiterontspanner). Gebruik die kamera op Manual; Fokus ees op helder ster of planeet en skakel dan outofokus af.
2. Stewige driepoot
3. Hoë ISO  1600 en 3200
4. Kort beligtings 4 sekondes tot so 10 sekondes  werk goed in ligbesoedelde omgewing
5. Lens: 18 - 55mm en 100mm
6. Beligtings: 10 - 480

Sagteware.
1. Barbara eveel Regim aan om fot's op mekaar te pak (stack).   (Laai af)  Jy het die jongste Java Script-sagteware nodig en laai Regim af met 64 bit Internet Explorer). Unzip en dubbelkliek op regim.cmd.

2. Ons het Deepskystacker gebruik (DSS) (Laai af)

   - YouTube-video om Deepskystacker te gebruik
   -  Nog een wat by vorige aansluit (met aanpassings)


Die les wat ons uit die lesing geleer het is om dinge eenvoudig te hou.
Hierdie is die begin van jou eerste treetjies om astrofotografie te doen.

Bietjie afdwaal. 
Johan Smit van Pretoria het vroeër vanjaar by die Karoo-sterrefees `n eenvoudige formule gegee om met jou ISO en die fokale lengte van jou lens die regte sluiterspoed uit te werk sonder om sterstrepe (startrails) te kry.

Hierdie formule kan veral in `n donker  omgewing werk en `n goeie riglyn wees. Eksperimenteer gerus daarmee.  Hier is `n webtuiste waar dit bespreek word.  ( Tips > Stars & Star Trails ).  Barbarahet haar foto's in `n ligbesoedelde omgewing geneem.

Di. ISO ÷ Focal Length = Maximum Shutter Speed

- Onthou die goedkoper DSLR-kameras het `n X1.6  faktor.

- Vir hierdie kameras is die formule:  ISO ÷ (Focal Length X 1.6) = Maximum Shutter Speed
 Voorbeeld:  3200 ISO ÷  (24mm X 1.6) = 83 sekondes.

  Vir `n plek met baie ligbesoedeling sou jy hierdie formule kon aanpas. Stel op 400 ISO en `n 10 sekonde beligting is die gevolg.  Dit gaan jou so `n bietjie eksperimentering kos.

Groete
Hannes Pieterse
(assabfn@gmail.com)