Monday 6 February 2012

Groot Magellaanse Wolk vanaf Boyden-sterrewag


Hi Almal, hier is een van die fotos wat geneem is tydens die naweek van die Bloemfontein/Johannesburg inter. Die een is Vrydagaandgeneem.

Frans Human het sy Canon kamera en 200mm f2.8 lens saamgebring en saam kon ons hierdie foto saamstel.

Dit is slegs 'n uur se data in totaal. Die tarantula lĂȘ links onder in die wolk. Hy vertoon blou en nie pienk nie, omdat die DSLR kamera 'n ingeboude infra rooi filter het wat dan maak dat die chip baie onsensitief vir die rooi in waterstofnewels is.

Die GMW bestaan uit ongeveer 10biljoen sterre.

Dit is verstommend hoe baie sterre die agtergrond alleen uitmaak en dis nie eers deel van die melkweg nie.

Groete
Brett du Preez

Klein Magellaanse Wolk vanaf Boyden-sterrewag

Hier het Brett du Preez van ASSA Bloemfontein die  Klein Magellaanse Wolk in Tucana met `n Canon DSLR op `n volgmopntering vasgevang. NGC 104 (Tucanae 47)  is duidelik sigbaar. Ook NGC 362, `n effens kleiner bolvormige sterreswerm is net links van die Klein Magellaanse wolk sigbaar. (200mm lens @f2.8, Canon DSLR ISO 800)

  • Die foto is tydens ASSA Johannesburg se besoek aan Bloemfontein geneem.

M45 vanaf Boyden-sterrewag

Brett du Preez van ASSA Bloemfontein het M45  (Pleiades) in swart-en-wit vasgevang. Van die beligtings is einde 2011 gemaak en toe nog `n paar vroeg in die nuwe jaar.