Friday 11 November 2011

`n Groot lekkerte in jou posbus!




Daar is darem nie iets so lekker as om jou posbus oop te maak en `n gunsteling tydskrif in sy plastieksakkie daar te sien lê nie.  Dis nou die Sky & Telescope doer ver uit Amerika.

In die jongste uitgawe word  SkySafari3 - (for iPhone, iPad, and iPod Touch) bespreek. Dit is `n "warm" planetariumprogram wat ope-aande baie gaan vergemaklik. Soms reën die vrae op jou en daardie stukkie inligting wat op die punt van jou tong is, wil net nie kom nie.

Ek het die sagteware op `n iPad2 in aksie gesien en dit kook! 
- Satelliete beweeg in werklike tyd verby.
- En jy kan dit aan `n groot verskeidenheid Go-To teleskope koppel (met eksra koppelvlak).
- Klik op `n voorwerp en jy het al daardie inligting wat mense vir jou vra. So jy hoef nie meer in boeke in die donker rond te grawe nie.
- Ja dit het `n rooi nagverstelling en geen ligte skyn in jou oë nie.
- Ook `n nuttige lys van voorwerpe wat die aand sigbaar is.
- Posisie van Jupiter se mane vertoon soos dit op daardie oomblik is.
- En nog baie meer. Lees op die webblad oor die sagteware.

Die databasis vir die Plus weergawe gaan jou vir jare besig hou. Die Pro-weergawe is regtig vir die hardebaard-sterrekundiges.


As jy bevoorreg is om een van Steve Jobs se i-speelgoed te hê, kan jy gerus die sagteware oorweeg.  Die Plus weergawe kos maar $15 by iTunes.

  • Daar is glo `n Android-weergawe op pad.