Saturday 30 January 2010

Karoo "Starparty" 2010

 
Dit het klein begin in 2009. 
Skud jou reg vir Suid Afrika se eie Karoo "starparty" in 2010.
Naas ScopeX gaan hierdie die geleentheid wees om elke jaar by te woon.
Kom pluk `n ster in die Karoo!

Plek: Kambro Padstal by Britstown   GPS S30°-25-00.3 E23°-33-56.1
Datum: 6 - 9 Augustus 2010
Hoe ver: Klik hier   N1 en N10 = 413km    of R64     N12   = 428km
(Bloefontein tot by Britstown)

Friday 29 January 2010

Volmaan die grootste (Perigee) hierdie jaar!

 Image credit and copyright: Anthony Ayiomamitis: details

Gaan loer gerus na die Astronomy Picture of the day (25 Oktober 2007)

    Tuesday 26 January 2010

    Hoe om met sterrekunde as stokperdjie te begin

    In die nuwe Canopus (Kliek hier om uit te vind wat is Canopus) is `n paar wenke wat uit "Sky and Telescope gemelk is, oor hoe om jou sterrekunde stokperdjie van die grond af te kry.

    Vertaal uit Canopus:
    1. Leer die naghemel met die blote oog te ken.
    2. Lees! Lees! Lees! Biblioteek en Internet
    3. Dink en beplan om jou erste teleskoop aan te skaf, maar begin met `n verkyker.
    4. Kyk na sterkaarte en ander konstelasiegidse.
    5. Begin om `n sterrekunde dagboek te hou. Dit is pret.
    6. Gesels met ander amateurs en sluit by `n sterrekundevereniging aan.
    7. Jy sal weet as die tyd reg is vir `n teleskoop. Koop die grootste wat jy kan bekostig.
    8. Begrawe jou ego en vrae "dom" vrae.
    9 . Ontspan en geniet dit.