![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiJEBwRQWqcaghZaJvL2qHwDZMKhesa8Rq9ONlawkuUVvNyz8M4rXjFNvUA-XHDmBYWzYE5KUxL_WxFffZZ8YrYinLpWBRIUonW47tBO-kVD2xpOI3eSUSLxN_Vo0h91Od0IgxEQJmjhiBy/s400/Maansirkel_400px.jpg)
Sou dit wees waarvan Coenie de Villiers in sy liedjie: "Kringe om die maan"sing? Dinsdagaand so van 18:30 tot 19:30 het die maan en `n klompie wolke vol yskristalle vir hierdie buitengewone skouspel gesorg. Dit staan bekend as die 22-grade maankring.
Hierdie kring onstaan wanneer lig deur die seskantige yskristalle in die baie hoƫ Cirrostratus-wolke weerkaats teen `n hoek van 22-grade. Die verskynsel om die maan kom minder dikwels voor as by die son. (Dankie neef Henk dat jy my gebel het.)
- Inligtingsbron: Weer en Atmosferiese Verskynsels van Dries van Zyl.