Wednesday 1 July 2009

Mach 1 can be quite visual.


What Supersonic Looks Like

The breaking of the sound barrier is not just an audible phenomenon. As a new picture from the U.S. military shows, Mach 1 can be quite visual.

This widely circulated new photo shows a Air Force F-22 Raptor aircraft participating in an exercise in the Gulf of Alaska June 22, 2009 as it executes a supersonic flyby over the flight deck of the aircraft carrier USS John C. Stennis.

Read more...

Tuesday 23 June 2009

35 000 mense wag langste dag in by Stonehenge

35 000 mense het die langste dag by Stonehenge op Salisbury-plein buite Londen ingewag. In Suid Afrika was die 21ste Junie die kortste dag.

Hopelik is doer onder in die Suide niemand in hegtenis geneem vir onbehoorlike gedrag nie.

Die Daily Mirror in Londen (kliek hier om berig te lees) berig dat net 37 mense in hegtenis geneem is vir kleiner oortredings.

  • Kliek op die foto om te vergroot.

    Groete
    Hannes Pieterse

Monday 15 June 2009

Tuesday 9 June 2009

Astronomy Starter CD (DVD)

Hallo daar.

Ons is besig om die Astronomy Starter CD (DVD) te herdruk/skryf. Die sagteware soos Cartes du Ciel, Lunar- en Stellarium se jongste weergawes is bygewerk. Dit maak dat die CD nou `n DVD is. Onthou CD staan vir Compact Disc en `n DVD is ook maar `n compact disc.
In die stadium gaan net 50 afdrukke gemaak word!
So die lid of voornemende lid wat eerste spring gaan die vars DVD kan gebruik.
  • Onthou dit is `n DVD wat jy met Internet Explorer bedryf. Dit werk dus soos die internet. Jy swerf op die DVD rond.
  • Stuur epos aan assabfn@gmail.com om jou kopie van die DVD te verseker.
  • Net 50 beskikbaar @ R40.00 per DVD. (Voorgestelde prys). Moenie nou al betaal nie.
  • As jy by die vereniging aansluit kry jy `n gratis DVD.
  • DVD sal vroeg in Julie beskikbaar wees.
Hier is bietjie meer inligting van al die Astro-inligting wat op die DVD beskikbaar is.

Groete

Hannes Pieterse


The Astronomy Starter Pack is the ideal tool for beginners who wish to know more about astronomy, spaceflight and sky watching.
Recommended for astronomy enthusiasts, science facilitators, teachers and parents with children interested in space. The pack is a first for South Africa and shows you exactly how to begin in the wide and exciting world of astronomy, spaceflight and sky watching. Read through fascinating facts and see some of the best photos taken by space telescopes and astronauts.

What you'll find on the Starter CD:
  • Over 40 concise pages of easy-to-understand information about astronomy, space exploration and sky watching
  • Expertly selected photos and images for your viewing pleasure; also for use in school tasks, expos and astronomy presentations.
  • Handy free software applications such as Celestia, Stellarium, Cartes du Ciel. Orbitron etc.
  • Links to websites of South African observatories and astronomy institutions as well as astronomy clubs and science centres.
  • Comprehensive list of internet links to astronomy websites.
  • A step-by-step guide on how to begin with sky watching outside
  • Information on binoculars and telescopes
    Printable sky maps for each season
  • ...and more.

Hallo daar aan al die astro-belangstellendes. Ek is bevoorreg om in San Francisco by `n kongres te wees. Maar dit word laat donker en ek kon die Morrison Planetarium besoek. My eerste keer in `n planetarium. Dit spook nog by my.
Hier is `n lusmaker. Besoek die webtuiste gerus: Kliek hier!
Groete
Hannes Pieterse

Wednesday 3 June 2009

Kringe om die maan!


Sou dit wees waarvan Coenie de Villiers in sy liedjie: "Kringe om die maan"sing? Dinsdagaand so van 18:30 tot 19:30 het die maan en `n klompie wolke vol yskristalle vir hierdie buitengewone skouspel gesorg. Dit staan bekend as die 22-grade maankring.

Hierdie kring onstaan wanneer lig deur die seskantige yskristalle in die baie hoƫ Cirrostratus-wolke weerkaats teen `n hoek van 22-grade. Die verskynsel om die maan kom minder dikwels voor as by die son. (Dankie neef Henk dat jy my gebel het.)
  • Inligtingsbron: Weer en Atmosferiese Verskynsels van Dries van Zyl.

Atlantis veilig terug by Kennedy-ruimtesentrum


Atlantis is in een stuk terug by Kennedy-ruimtesentrum

Monday 1 June 2009

`n "Deep Space Atlas" vir die koue Vrystaat!

Ek het hierdie stukkie gerief by die afgelope ScopeX in Johannesburg raakgeloop. Dit is deur `n Amateur sterrekundige vir amateurs saamgestel.

Wayne Mitchel van die Pretoria-sentrum van ASSA is `n amateur sterrekundige met `n hele paar jaar ondervinding.

Op die agterblad word gesĆŖ die boek is veral vir beginners om die naghemel te leer ken, maar ook vir waarnemers met `n teleskoop wat `n uitdaging soek.

Die atlas is in A5-formaat. Oopgevou (A4) is die sterkaart onder en die verskillende voorwerpe word op die boonste helfte uiteengesit.

Die twee soeksirkels (5 grade "finder"scope" en `n 1 graad oogstukveld) op die kaart gee `n aanduiding wat jy met jou toerusting gaan sien.

Daar is ook 12 wyeveld kaarte vir verskillende tye van die jaar om jouself te orienteer waar die konstellasies in die naghemel is.

Ook is daar duidelike aanwysings hou om die atlas te gebruik en hoe jy vir `n waarnemingsessie kan voorberei.

Die kersie op die koek is die bladsye wat gelamineer is. Hoekom? As jy nog nie met `n klam, pap, verfrommelde A4 sterkaart, in die koue nag gestaan het nie, sal jy nie verstaan nie. Die koue klam lug wat vroegoggend in die winter jou teleskoop se spieƫl toe dou, verander gewone papier in `n pap gemors.

Dit is `n fees om die boek in die donker te gebruik, want die bladsye is swart met al die sterre, ander voorwerpe en die teks in wit. Die skerp kontras maak dat jy baie beter in die donker met jou rooi liggie sien.

Dis `n atlas vir die Suide en dis tog te lekker dat die konstellasies nie onderstebo is nie.

Prys: R480.00
Beskikbaar by: Telescope Shop of Eridanus Optics

Tuesday 26 May 2009

Daar bo! Wintervoorwerpe vir Junie, Julie en Augustus

Die beste (en koudste) tyd om waarnemings te doen is hier. Stof jou kykgoed af, haal daardie arktiese baadjie uit die kas, koop `n serp en kry `n mus wat jou ore toemaak en onder jou ken vasknoop.

Ook `n donker veilige plek van waar jy kan waarnemings doen. Ja ons begeer almal `n groot teleskoop, maar `n goeie begin is daardie verkyker wat net vakansietye uitgehaal word.

Gerrit Penning het vir ons `n lys van helder dieplugvoorwerpe saamgestel wat jou gaan help om minder te wonder waarna om te kyk. Laai die pdf dokument af en maak `n uitdruk.
  • Kliek hier om Junie, Julie en Augustus se voorwerpe af te laai. Die konstellasies is Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo.

  • Hier's dit! Sterkaarte met `n observasielys van die winterkonstellasies bo: Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo. (In Pdf-formaat. Laai af en maak uitdrukke: Regskliek en stoor op jou rekenaar)

    Groete, Hannes Pieterse

Monday 25 May 2009

Atlantis veilig op Moeder Aarde

Atlantis het toe eindelik sy logge lyf Sondag op Edward-lugmagbasis in Kaliforniƫ tot ruste gebring. Swak weer het verhoed dat dit in Florida land. 'n Abbavlug op die rug van 'n aangepasde Boeing 747 sal die werkesel by die die Kennedy-ruimtesentrum in Florida besorg. Die span aan boord het die Hubble-ruimteteleskoop herstel.