Tuesday 26 May 2009

Daar bo! Wintervoorwerpe vir Junie, Julie en Augustus

Die beste (en koudste) tyd om waarnemings te doen is hier. Stof jou kykgoed af, haal daardie arktiese baadjie uit die kas, koop `n serp en kry `n mus wat jou ore toemaak en onder jou ken vasknoop.

Ook `n donker veilige plek van waar jy kan waarnemings doen. Ja ons begeer almal `n groot teleskoop, maar `n goeie begin is daardie verkyker wat net vakansietye uitgehaal word.

Gerrit Penning het vir ons `n lys van helder dieplugvoorwerpe saamgestel wat jou gaan help om minder te wonder waarna om te kyk. Laai die pdf dokument af en maak `n uitdruk.
  • Kliek hier om Junie, Julie en Augustus se voorwerpe af te laai. Die konstellasies is Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo.

  • Hier's dit! Sterkaarte met `n observasielys van die winterkonstellasies bo: Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo. (In Pdf-formaat. Laai af en maak uitdrukke: Regskliek en stoor op jou rekenaar)

    Groete, Hannes Pieterse

Monday 25 May 2009

Atlantis veilig op Moeder Aarde

Atlantis het toe eindelik sy logge lyf Sondag op Edward-lugmagbasis in Kalifornië tot ruste gebring. Swak weer het verhoed dat dit in Florida land. 'n Abbavlug op die rug van 'n aangepasde Boeing 747 sal die werkesel by die die Kennedy-ruimtesentrum in Florida besorg. Die span aan boord het die Hubble-ruimteteleskoop herstel.

Saturday 23 May 2009

Johannesburg: ScopeX - 30 Junie 2009

When: 30 May 2009
Time: 9am to 9pm (Star Party from 6pm)
Where: Johannesburg SA National Military History Museum (aka War Museum, next to the Zoo)
Museum Entrance Fee: R22 adults, R11 snr citizens and children up to 18
More information: Visit Website - www.scopex.co.za

Monday 18 May 2009

Leer meer oor waarnemingstegnieke by Boyden-sterrewag

Die Sterrekundevereniging van Bloemfontein nooi die publiek van Bloemfontein en lede van die vereniging na `n sterrekykaand. By die geleentheid sal mense praktiese ondervinding en kennis opdoen oor waarnemingstegnieke. Daar is `n verskil tussen om net te kyk en waar te neem. Waarneming behels om te kyk vir meer besonderhede en eienskappe van voorwerpe en die voorwerpe dan aan te teken.

Mense wat hulle eie teleskope en verkykers besit, word ook genooi om dit saam te bring. As dit bewolk is sal die waarnemingstegnieke in die ouditorium bespreek word.

Datum
: Saterdag, 23 Mei 2009

Tyd: 18:00
Plek: Boyden Sterrewag (Langs Maselspoort)

Bring eetgoed en koeldrank/water, flitse, potlode, teleskope en verkykers.
  • Stuur asb. e-pos aan assabfn@gmail.com as jy die aand gaan bywoon. Dit sal ons help met die beplanning.