Thursday 30 May 2013

SpaceObs on USTREAM: .


 Bron: Willie Koorts
Die beloofde skakels na dekking van vanaand se verbyvlug van Asteroïde 1998 QE2. Ons hoop die weer is ons genadig tussen 19:30-20:30! Gisteraand se kleedrepetisie lyk heel goed! Geniet.

Last night we took some "dress rehearsal" video of the Asteroid 1998 QE2 which is making a close (if you call 5.8 million km close!) pass to Earth on Friday night using the 20 inch. The video was saved on UstreamTV at

Asteroid 9 times size of ocean liner approaches Earth | MyScienceAcademy


Asteroid 9 times size of ocean liner approaches Earth | MyScienceAcademy

Wednesday 22 May 2013

Volksblad : Seldsame verskynsel in hemelruim te sien


23 Mei 2013 18:00 - Westelike horison - Jupiter bo, Venus en Merkurius onder

Volksblad : Seldsame verskynsel in hemelruim te sien

KAAPSTAD. – Venus, Jupiter en Mercurius gaan binnekort ’n dans in die lugruim uitvoer om uiteindelik ’n driehoek te vorm.
Dié planete sal van 22 Mei af saans sowat ’n halfuur tot ’n uur ná sonsondergang mooi begin wys.
Maar moenie 26 Mei misloop nie, want dán sal die drie op hul mooiste wees.
Die vorige keer wat die drie plante só ’n driehoek gevorm het, was in Mei 2011.
Ná vandeesmaand sal dit eers weer in Oktober 2015 sigbaar wees, volgens dr. Tony Phillips van Nasa.
Willie Koorts van die Suider-Afrikaanse Sterrewag (Saao) sê ’n mens moet laag op die horison kyk en eers soek na Venus, die helderste van die drie.
Die driehoek sal mooi sigbaar wees, selfs sonder ’n teleskoop, maar dit sal mooier deur ’n verkyker wees.
– Elsabé Brits