Sunday 2 May 2010

Wikisky


Hier is `n wiki waar jy vir ure kan rondspeel. Gaan ontdek self.

- Op die glyskaal links bo vergroot jy die kaart.
- Kliek op die muisikon heel links om na die Beta Skybrowser te gaan. Kliek dan op die afpyltjie (Sien foto hier onder en kies dan van die verskillende opsies wat gebied word.
- Ek weet nie hoe hierdie met Telkom se koperdraad gaan werk nie. Dalk nie! Laat weet asb.
- Kliek op die foto's om te vergroot.

Groete
Hannes Pieterse

Sunday 25 April 2010

The Sky at Night - Sir Patrick Moore

Vir die ouens wat DSTV het: Gaan loer `n bietjie op BBC World News. Sir Patrick Moore se programme The Sky at Night kan interesasante kykstof wees. Dit lyk of dit elke Sondag uitgesaai word.
 
The Sky at Night life. The Sky at Night returns to BBC World News. First of two episodes debating the question of life in the universe...
 
Sunday:25 April

Friday 16 April 2010

Iridium 55 , Dondardagaand om 18:50

Kliek op die foto om te vergroot.


Die afgelope twee aande was daar lekker helder Iridum flitse oor Bloemfontein. Hierdie een was volgens Heavens Above so -5 Magnitude. Omtrent soos `n ontploffing gelyk. Woensdagaand (sonder my kamera) was -8 magnitude. Die voorspelling vir vanaand (Vrydagaand) se flitsende Iridium-satelliet is net -1. Wees op die uitkyk.  

Let op die ligbesoedeling van die stad onder op die foto. Die Suiderkruis (onder)  is ook duidelik sigbaar op die foto.  

Groete
Hannes Pieterse

Monday 12 April 2010

SCOPEX 2010 - 17 April





Interested in Astronomy, sky-gazing, astro-photography, buying/building a telescope? Visit the astronomy event of the year...
When: 17 April 2010
Time
:
9am to 9pm (Star Party from 5 pm)
Where
:
Johannesburg - National Military History Museum (aka War Museum, next to the Zoo)
Museum Entrance Fee:
R22 adults, R11 senior citizens and children up to 18

What to expect on the day

* Large variety of quality telescopes, accessories & books
* Exhibitions of self-made telescope, AstroPhotos
* Telescope making demonstrations
* Science Shows
* Telescope auction
* Rocket displays and engine run
* Camera obscura
* Presentations & lectures
* Star Party from 5 pm: tour the night sky through a telescope - Bring a picnic and join us!


  • The Event Schedule which will be periodically updated with details of scheduled activities, including lectures, science shows

Monday 15 March 2010

`n Webblad vir die Suide - Uit Aussieland


Hier is `n lekker webblad uit Ausieland.
Natuurlik in die Suidelike Halfrond. 

Besoek gerus: Kliek hier!

Sunday 14 March 2010

Hoe ver is dit?

As jy gewonder het.

1 Light Year = 9460730472580.8 Kilometers

Besoek die webtuiste en doen die omskakelings aanlyn by CalcXYZ.com

Groete

Hannes Pieterse

Thursday 4 March 2010

Magda Streicher vertel wat in die Verkleurmannetjie (Chamaeleon) te sien is.


So onder ons neuse ontdek `n skoolseun van Welkom `n asteroïde

Die berig het vroeër die week in Volksblad verksyn. As julle in die argief van ASSA Bloemfontein gaan rondwaal sal julle sy naam raaklees. Hy het al by die klub `n lesing gegee.
  • Besoek Volksblad op die web
  • Sterre en Planete: Luister na die jongste potgooi op RSG. Hennie Maas gesels met Ernie en ook met Prof Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat oor die soektog na miniplanete.
    - Klik hier

ONTDEKKING:’n Welkomse matriekseun het die eerste leerling in Afrika geword wat ’n nuwe asteroïed (miniplaneet) ontdek het en het daardeur vir homself ’n benoeming as Beste Jong Wetenskaplike in Afrika vir 2010 verseker. Ernie Halberg (17) het die miniplaneet wat Asteroïed 2010 DC2 genoem word, op 18 Februarie ontdek.
Foto: Tom de Wet (Volksblad - Welkom)


2010-03-02 02:12
Welkomse skoolseun ontdek planeet
Tom de Wet

WELKOM. – ’n Welkomse matriekseun het die eerste leerling in Afrika geword wat ’n nuwe asteroïed (miniplaneet) ontdek het en het daardeur vir homself ’n benoeming as Beste Jong Wetenskaplike in Afrika vir 2010 verseker.

Ernie Halberg (17) van die Goudveld-Hoërskool, lid van die Sterrekunde-vereniging van Suid-Afrika en die Afrika-ruimteskool, het die miniplaneet wat Asteroïed 2010?DC2 genoem word, op 18 Februarie ontdek terwyl hy via die internet ’n klein gehuurde G4-teleskoop, wat in Nieu Mexico gesetel is, gebruik het.

Ernie se soektog het behels dat hy ure aaneen teen die agtergrond van sterre vir onbekende bewegende voorwerpe soek.

Mnr. Andrew Lowe van Kanada, Ernie ?se ?oefenmeester ?en veteraan-planeetjagter, ?sê ?Ernie het die spesifieke soekwyse maande lank gebruik totdat hy die aand ’n helder en onbekende voorwerp opgemerk het. Hy het die koördinate op drie verskillende tye gemeet en vir Lowe ge-epos.

Lowe het dit nagegaan en bevestig dat dit wel ’n voorheen onbekende voorwerp in die ruimte was.

Die weer het saamgespeel en Ernie het dit die volgende nag weer afgeneem. Die proses is ’n derde nag herhaal en daar is toe vasgestel dat die planeet in ’n baie tipiese wentelbaan in die middel van die Asteroïdegordel beweeg.

Die inligting is deur Lowe na die Miniplaneetsentrum in Cambridge gestuur. Daar is die data verwerk en herbevestig dat dit nuut is. Die miniplaneet is toe 2010 DC2 genoem. Dit is sowat 2 km in deursnee en vat 4,23 jaar om rondom die son te wentel.

Lowe sê 2010 DC2 se wentelbaan veroorsaak dat dit nou die duidelikste sigbaar is die afgelope 13 jaar. Vroeër was sy sigbaarheid vaag en in die noordelike of suidelike lugruim waar professionele opmeters nie gesoek het nie.

Lowe sê hy prys Ernie vir die ontdekking omdat dit baie ure se werk in die ?nag ?verg, terwyl ?hy ook baie ?skool- en ander verpligtinge het.

Ernie se prestasie is reeds aan die departement van onderwys, wetenskap en tegnologie oorgedra.

Lowe sê hy is seker dat Ernie verskeie eerbewyse vir dié prestasie sal kry.

Ernie, kitaarspeler van die Goudveldse Christen-metalgroep Shadowed by Serpents, is die seun van dr. Ernie en mev. Melani Halberg van Welkom.

- Volksblad