Tuesday 9 June 2009

Astronomy Starter CD (DVD)

Hallo daar.

Ons is besig om die Astronomy Starter CD (DVD) te herdruk/skryf. Die sagteware soos Cartes du Ciel, Lunar- en Stellarium se jongste weergawes is bygewerk. Dit maak dat die CD nou `n DVD is. Onthou CD staan vir Compact Disc en `n DVD is ook maar `n compact disc.
In die stadium gaan net 50 afdrukke gemaak word!
So die lid of voornemende lid wat eerste spring gaan die vars DVD kan gebruik.
  • Onthou dit is `n DVD wat jy met Internet Explorer bedryf. Dit werk dus soos die internet. Jy swerf op die DVD rond.
  • Stuur epos aan assabfn@gmail.com om jou kopie van die DVD te verseker.
  • Net 50 beskikbaar @ R40.00 per DVD. (Voorgestelde prys). Moenie nou al betaal nie.
  • As jy by die vereniging aansluit kry jy `n gratis DVD.
  • DVD sal vroeg in Julie beskikbaar wees.
Hier is bietjie meer inligting van al die Astro-inligting wat op die DVD beskikbaar is.

Groete

Hannes Pieterse


The Astronomy Starter Pack is the ideal tool for beginners who wish to know more about astronomy, spaceflight and sky watching.
Recommended for astronomy enthusiasts, science facilitators, teachers and parents with children interested in space. The pack is a first for South Africa and shows you exactly how to begin in the wide and exciting world of astronomy, spaceflight and sky watching. Read through fascinating facts and see some of the best photos taken by space telescopes and astronauts.

What you'll find on the Starter CD:
  • Over 40 concise pages of easy-to-understand information about astronomy, space exploration and sky watching
  • Expertly selected photos and images for your viewing pleasure; also for use in school tasks, expos and astronomy presentations.
  • Handy free software applications such as Celestia, Stellarium, Cartes du Ciel. Orbitron etc.
  • Links to websites of South African observatories and astronomy institutions as well as astronomy clubs and science centres.
  • Comprehensive list of internet links to astronomy websites.
  • A step-by-step guide on how to begin with sky watching outside
  • Information on binoculars and telescopes
    Printable sky maps for each season
  • ...and more.

Hallo daar aan al die astro-belangstellendes. Ek is bevoorreg om in San Francisco by `n kongres te wees. Maar dit word laat donker en ek kon die Morrison Planetarium besoek. My eerste keer in `n planetarium. Dit spook nog by my.
Hier is `n lusmaker. Besoek die webtuiste gerus: Kliek hier!
Groete
Hannes Pieterse

Wednesday 3 June 2009

Kringe om die maan!


Sou dit wees waarvan Coenie de Villiers in sy liedjie: "Kringe om die maan"sing? Dinsdagaand so van 18:30 tot 19:30 het die maan en `n klompie wolke vol yskristalle vir hierdie buitengewone skouspel gesorg. Dit staan bekend as die 22-grade maankring.

Hierdie kring onstaan wanneer lig deur die seskantige yskristalle in die baie hoë Cirrostratus-wolke weerkaats teen `n hoek van 22-grade. Die verskynsel om die maan kom minder dikwels voor as by die son. (Dankie neef Henk dat jy my gebel het.)
  • Inligtingsbron: Weer en Atmosferiese Verskynsels van Dries van Zyl.

Atlantis veilig terug by Kennedy-ruimtesentrum


Atlantis is in een stuk terug by Kennedy-ruimtesentrum

Monday 1 June 2009

`n "Deep Space Atlas" vir die koue Vrystaat!

Ek het hierdie stukkie gerief by die afgelope ScopeX in Johannesburg raakgeloop. Dit is deur `n Amateur sterrekundige vir amateurs saamgestel.

Wayne Mitchel van die Pretoria-sentrum van ASSA is `n amateur sterrekundige met `n hele paar jaar ondervinding.

Op die agterblad word gesê die boek is veral vir beginners om die naghemel te leer ken, maar ook vir waarnemers met `n teleskoop wat `n uitdaging soek.

Die atlas is in A5-formaat. Oopgevou (A4) is die sterkaart onder en die verskillende voorwerpe word op die boonste helfte uiteengesit.

Die twee soeksirkels (5 grade "finder"scope" en `n 1 graad oogstukveld) op die kaart gee `n aanduiding wat jy met jou toerusting gaan sien.

Daar is ook 12 wyeveld kaarte vir verskillende tye van die jaar om jouself te orienteer waar die konstellasies in die naghemel is.

Ook is daar duidelike aanwysings hou om die atlas te gebruik en hoe jy vir `n waarnemingsessie kan voorberei.

Die kersie op die koek is die bladsye wat gelamineer is. Hoekom? As jy nog nie met `n klam, pap, verfrommelde A4 sterkaart, in die koue nag gestaan het nie, sal jy nie verstaan nie. Die koue klam lug wat vroegoggend in die winter jou teleskoop se spieël toe dou, verander gewone papier in `n pap gemors.

Dit is `n fees om die boek in die donker te gebruik, want die bladsye is swart met al die sterre, ander voorwerpe en die teks in wit. Die skerp kontras maak dat jy baie beter in die donker met jou rooi liggie sien.

Dis `n atlas vir die Suide en dis tog te lekker dat die konstellasies nie onderstebo is nie.

Prys: R480.00
Beskikbaar by: Telescope Shop of Eridanus Optics

Tuesday 26 May 2009

Daar bo! Wintervoorwerpe vir Junie, Julie en Augustus

Die beste (en koudste) tyd om waarnemings te doen is hier. Stof jou kykgoed af, haal daardie arktiese baadjie uit die kas, koop `n serp en kry `n mus wat jou ore toemaak en onder jou ken vasknoop.

Ook `n donker veilige plek van waar jy kan waarnemings doen. Ja ons begeer almal `n groot teleskoop, maar `n goeie begin is daardie verkyker wat net vakansietye uitgehaal word.

Gerrit Penning het vir ons `n lys van helder dieplugvoorwerpe saamgestel wat jou gaan help om minder te wonder waarna om te kyk. Laai die pdf dokument af en maak `n uitdruk.
  • Kliek hier om Junie, Julie en Augustus se voorwerpe af te laai. Die konstellasies is Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo.

  • Hier's dit! Sterkaarte met `n observasielys van die winterkonstellasies bo: Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo. (In Pdf-formaat. Laai af en maak uitdrukke: Regskliek en stoor op jou rekenaar)

    Groete, Hannes Pieterse

Monday 25 May 2009

Atlantis veilig op Moeder Aarde

Atlantis het toe eindelik sy logge lyf Sondag op Edward-lugmagbasis in Kalifornië tot ruste gebring. Swak weer het verhoed dat dit in Florida land. 'n Abbavlug op die rug van 'n aangepasde Boeing 747 sal die werkesel by die die Kennedy-ruimtesentrum in Florida besorg. Die span aan boord het die Hubble-ruimteteleskoop herstel.

Saturday 23 May 2009

Johannesburg: ScopeX - 30 Junie 2009

When: 30 May 2009
Time: 9am to 9pm (Star Party from 6pm)
Where: Johannesburg SA National Military History Museum (aka War Museum, next to the Zoo)
Museum Entrance Fee: R22 adults, R11 snr citizens and children up to 18
More information: Visit Website - www.scopex.co.za

Monday 18 May 2009

Leer meer oor waarnemingstegnieke by Boyden-sterrewag

Die Sterrekundevereniging van Bloemfontein nooi die publiek van Bloemfontein en lede van die vereniging na `n sterrekykaand. By die geleentheid sal mense praktiese ondervinding en kennis opdoen oor waarnemingstegnieke. Daar is `n verskil tussen om net te kyk en waar te neem. Waarneming behels om te kyk vir meer besonderhede en eienskappe van voorwerpe en die voorwerpe dan aan te teken.

Mense wat hulle eie teleskope en verkykers besit, word ook genooi om dit saam te bring. As dit bewolk is sal die waarnemingstegnieke in die ouditorium bespreek word.

Datum
: Saterdag, 23 Mei 2009

Tyd: 18:00
Plek: Boyden Sterrewag (Langs Maselspoort)

Bring eetgoed en koeldrank/water, flitse, potlode, teleskope en verkykers.
  • Stuur asb. e-pos aan assabfn@gmail.com as jy die aand gaan bywoon. Dit sal ons help met die beplanning.