Saturday 25 January 2014

Klubbyeenkoms: ASSA Bloemfontein - 1 Februarie 2014



Die Bloemfonteinse Amateur Sterrekunde Vereniging  (ASSA Bloemfontein) hou op Saterdag 1 Februarie sy eerste byeenkoms van die jaar. Voornemende amateur sterrekundiges is welkom om die geleentheid by te woon.

Op die program is onder meer:
  • Die gebruik  van 'n teleskoop insluitende die eienskappe van verskillende oogstukke;
  • Wat kan gesien word in die nagruim in verskillende ligomstandighede (Limiting Magnitude);
  • Ons kyk ook na `n nova wat onlangs uitgebars het en met `n verkyker sigbaar is;
  • As die weer saamspeel soek ons die Perdekopneuwel in Orion.

Koste: Gratis vir lede en R50 per persoon vir besoekers. Die bedrag word terugbetaal as jy by die   vereniging aansluit. Ledegeld is R100 per jaar vir `n gesin.
Datum: 1 Februarie 2014
Tyd: 18:30 (Ons braai, so bring jou eie kosmandjie met vleis, eetgoed, eetgerei en koeldrank. Braaivuur en roosters is beskikbaar.)
Plek: Boyden-sterrewag (Langs Maselspoort)