Monday 14 September 2009

Science Unlimited se ekspo in Pietermaritzburg


Science Unlimited het weer in Pietermaritzburg hulle jaarlikse ekspo gehou en meer as 22000 leerders en onderwysers het dit bygewoon.

Alhoewel die uitstallings agv die huidige ekonomie nie soos ander jare was nie, was die aanbiedings weer eens ‘n sukses.

Om in te skakel met die IYA2009 het ek ‘n multimedia aanbieding gedoen oor ons eie sonnestelsel. Oor die drie dae wat die expo gehou is, in die laatste week van Augustus, het 1800+ leerders my aanbiedings bygewoon wat die meeste nog is in vergelyking met die ander Science Unlimited waar ek aanbiedings gedoen het.

Drie expo’s per jaar word gehou. Een in Pretoria, een in Stellenbosch en in Pietermaritzburg. Besoek gerus hulle web blad vir meer agtergrond informasie. www.scienceunlimited.co.za

Jacques van Delft
Direkteur: ASSA Solar-afdeling