Sunday 16 August 2009

Vreemde sateliete by Jaarvergadering

Kliek op die foto om te vergroot. Let op die twee sateliete bymekaar (regs onder). Kon dit hulle wees? Jy sal sien daar is nog `n FENGYUN 1C DEB vermelding op die foto. Dalk wrakstukke van die sateliet wat die Chinese in die ruimte afgeskiet het? Orbitron gooi `n hele klomp van hulle uit. Ook nog twee SL-12 DEB.

Algemene Jaarvergaderings sal nie weer dieselfde wees nie. Griet Carelse en `n hele paar ander lede (ek ook) het Saterdagaand twee sateliete gesien ophelder en verdof, dieselfde as Iridium-satelliete. So 19:42 (plaaslike tyd) het die twee sateliete begin verdof en volgens ons skatting vanaf die braaiplek by Boyden was hulle in `n Noordoostelike rigting so plusminus 40 - 50 grade bo die horison. (Of was dit Suidoos?)

Volgens Orbitron, waarmee ons vooraf sateliete se verwagte verskynings bepaal was daar nie iets opwindends vir die aand
op die spyskaart nie. Veral nie Iridium-sateliete nie.

Sondag het ek begin soek en op 2 sateliete afgekom wat moontlik die sondebokke was. Eintlik ook nie sateliete nie, maar oorblyfsels van sateliete. Dit word as DEB (debris) aangedui wat beteken dit is wrakstukke of oorblyfsels van sateliete.

Hier is die inligting volgens Orbitron. Die twee sateliete het volgens die sagteware deur die konstellasie Grus beweeg. Gaan google gerus FENGYUN 1C DEB en SL-12 DEB. Kliek op Comment onder aan hierdie beriggie en vertel vir ons wat jou gevolgtrekking is.

Hier is die 2 sateliete se inligting:
2009-08-15 19:42:04 FENGYUN 1C DEB 128.3 32.4 ? 2327 272.6 -24.7

2009-08-15 19:42:09 SL-12 DEB * 132.5 33.1 ? 2901 272.6 -24.7

Groete
Hannes Pieterse