Sunday 23 August 2009

C/2006 W3 (Christensen) uit die stad opgespoor

Ek en Pieter het Sondagaand tussen 22:00 - 23:00 vir komeet C/2006 W3 (Christensen) in die konstellasie Sagitta opgepoor en geskets. Dof uit die stad maar tog duidelik sigbaar met `n 10" Dobsonian. Volgens Skytools 3 is die komeet nou magnitude 8.2. Kon nie `n koma sien nie. Lyk meer soos `n "globular cluster", maar het tog `n effense langwerpige vorm.

Werkswyse:
1. Kyk eers op TheSky 6 waar hy is en kry merker sterre.
2. Ek soek met verkyker na redelike helder merkersterre en lig met groen laserwyser.
3. Pieter soek die lasermerk in die lug met teleskoop se "Finder scope". (Beeld onderstebo)
4. Hy kyk deur die oogstuk en daar sit die komeet. (Spieƫlbeeld met dobsonian)

Soms soek mens bietjie op en af en links en regs. partykeer is jy gelukkig en kry dit maklik. Jou vooraf huiswerk op die rekenaar is nogal belangrik. Ook die merkersterre wat jy gebruik.

  • Hier is `n kaart vir Maandagaand, 24 Augustus. Laai af (Pdf-formaat)
    Soortgelyk aan die kaart wat ons gebruik het.