Saturday, 11 July 2009

Komeet C/2008 Q3 (Garradd) is op die soeklys!


As ek so na die weerfoto op Kobus Botha se webtuiste kyk (15:30 - Saterdag) gaan die wolke vanaand weer die wenner wees. (Loer gerus hier na die infrarooifoto). En vanaand is die maan so vanaf 21:30 op sy pos. Dit kan net beter word met die maan wat aan die taan is.

Maar ek is seker die lekker oop donker aande is op pad. So saam met die Volksblad-kunstefees.

Die ouens wat lanklaas `n komeet gesien kan gerus hulle verkykers en klein teleskope uithaal en na C/2008 Q3 (Garradd) gaan soek. Die komeet is op my Nr 1 "Wanted"-lys om die winter se waarnemings mee te begin. Laat weet as julle hom sien.


Hier is `n klompie inligting om dié komeet op te spoor:
(Almal Pdf-formaat - Lees met Acrobat-leser.)

3 comments:

  1. Saterdagaand (21:17): Nog nie gekry nie. Stadsligte pla en die bure se bome en ligte het gepla. Sal iewers na `n donker plek moet gaan. Ook vroëer begin soek. Kon my darem goed ingrawe om myself vir die volgende ronde te oriënteer.
    Hannes Pieterse

    ReplyDelete
  2. Het vroegaand al begin soek met `n 20X80 verkyker op `n driepoot en `n handdoek oor my kop om al die ligte uit te hou. Het op die kolletjie gesoek, maar kon die bogger nie kry nie. Dalk is `n donker plek maar die beste.
    Hannes Pieterse

    ReplyDelete
  3. Komeet C/2008 Q3 (Garradd)
    Het Sondagaand (magnitude 8.2) vanaf `n donker Boyden die komeet opgespoor. Dinsdagaand ook weer gesien. Nog `n bietjie dowwer. Skytools reken dit was Dinsdag so magnitude 8.3

    ReplyDelete